Kudu FM · Ons aanbieders

Ver van die huis, maar nooit alleen nie.

Skakel in en jy sit tussen mense wat Afrikaans liefhet — mense wat nuwe Afrikaanse musiek soek, handgemaak of AI, dit maak nie saak waar dit vandaan kom nie. Ons luister en praat saam. As jy weet, weet jy.

Ons luister en praat saam

  1. Kies 'n tyd wat by jou pas.Die rooster is hieronder.
  2. Druk speel.Gratis, geen rekening, enige toestel, waar jy ook al bly.
  3. Praat saam.Stuur jou versoek, jou storie of jou eie liedjie — ons luister na elkeen.

Die mense agter die mikrofoon

Elkeen bring sy eie storie, sy eie musiek en sy eie uur. Kom kuier by die een wat jou pas — die deur staan oop.

Blondie — Stories & verhale MA–VR 07:00

Blondie

Word wakker met Blondie

Stories & verhale.

Voor die dag behoorlik begin: stories uit die daaglikse lewe, versterk met musiek. In die week is Natasha in die onderwys, sy het al voorheen radio gedoen en die weer aangebied, en op TikTok ken die mense haar as Blondie. Haar eerste uitsending was Dinsdag 15 September 2026.

Eerste uitsending 15 Sep 2026
Jackie — aanbieder van Koffie saam Jackie MA–VR 11:00

Jackie

Koffie saam Jackie

Kunstenaar én gasvrou.

Musiekversoeke, gesels en koffie. Stuur haar 'n liedjie en 'n boodskap vir daai spesiale mens in jou lewe, en sy lees dit op die lug — of jy nou by die huis, by die werk of in die pad is. Jy hoor ook haar eie musiek, want sy skryf self.

Kunstenaar: Jackie MJ Vos Versoeke & shout-outs
Tjommielap — aanbieder van die Kudu Drive MA–VR 17:00

Tjommielap

Die Kudu Drive

Hy hoor die nuwe musiek eerste.

Hy soek die nuwe Afrikaanse musiek op, luister dit deur, en speel dit in jou pad huis toe. Nuwe liedjies, nuwe kunstenaars, en die name waarvan jy nog nie gehoor het nie. Hy skryf en maak self ook musiek.

Maak self musiek Nuwe musiek eerste
SkaduKroon — aanbieder wat invul op Kudu FM VUL IN

SkaduKroon

Vul in op die rooster

Net die splinternuwes.

Hy het nie 'n vaste gleuf nie — hy vat 'n uur wanneer daar plek is, dikwels die Friday After Party. Sy eie reël bly staan: een liedjie per kunstenaar, en net dié wat nog nêrens gespeel het nie. As jy graag iets ontdek voor almal anders dit ken, hou die rooster dop.

Kunstenaar: SkaduKroon Vul in — o.a. Friday After Party
Elmarie Hartskrif — aanbieder van Kudu Klanke MA–DO 16:00

Elmarie

Kudu Klanke

Onderwyser én mamma.

'n Uur se musiek in die middag — die liedjies wat die meeste hartjies kry, sodat die goeie goed weer gehoor word. Elmarie sit dit saam, gesels tussenin, en maak van vieruur 'n plek om by te kom. Stuur 'n versoek vooruit as daar 'n liedjie is wat jy wil hoor.

Kunstenaar: Hartskrif Stuur jou versoek vooraf
Flaffie — aanbieder van die laatnag-program MA–WO & VR 21:00

Flaffie

Laatnag geselskap

Sy hou die lig aan tot laat.

As die huis stil raak, is die lig nog aan. Lag, stories en laatnag-geselskap vir die een wat laat werk, laat ry of net nie kan slaap nie. Maandae tot Woensdae, en dan weer Vrydae. Vrydagaande word dit Dop & Tjop.

Ma – Wo & Vrydae Vrydae: Dop & Tjop
Linda — aanbieder van Berea SONDAE 08:00

Linda

Berea

Van Arise Daughters of the Crown.

Toets alles aan die Woord — dit is die maatstaf (Hand. 17:11). Sondagoggend ondersoek julle die Skrif saam: ontdek die waarheid, gaan kyk self daarna, en groei in jou geloof. Jy hoef niks te weet om in te skakel nie.

Arise Daughters of the Crown
Mel — aanbieder van New Heart Ministries SONDAE 18:00

Mel

New Heart Ministries

Geloof, doel, oorwinning.

Skatte uit die Woord aan die einde van die week — rustig en reguit, met gospel wat by die boodskap pas. Kom vernuwe jou hart.

New Heart Ministries
Engela — aanbieder van Emigrasie is nie vir sissies nie SATERDAE 10:00

Engela

Emigrasie is nie vir sissies nie

Sy deel regte mense se stories.

Hoekom mense besluit het om te gaan, hoe dit was om van voor af te begin, en die dinge wat niemand jou vooraf vertel nie. Sy gesels ook met dié wat ná 'n paar jaar teruggekom het. Nie 'n debat oor reg of verkeerd nie — net eerlike ervarings, ook van die kinders en die familie wat agterbly. As jy al gewonder het of jy die enigste een is wat so voel: jy is nie. Jou storie pas ook hier in.

Kunstenaar: Songs by Her #stayingisbetterthanleaving

As jy weet, weet jy.

Ver van die huis, maar nooit alleen nie.

Jou programrooster

Alle tye is Suid-Afrikaanse tyd (SAST). Buiten hierdie ure speel Kudu FM 24/7 deur — nuwe Afrikaanse musiek, dag en nag.

Skakel in
Soggens
Word wakker met Blondiemet Blondie
07:00 – 07:30Ma–Vr
Koffie saam Jackiemet Jackie
11:00 – 12:30Ma–Vr
Middag
Kudu Klankemet Elmarie
16:00 – 17:00Ma–Do
Die Kudu Drivemet Tjommielap
17:00 – 18:00Ma–Vr
Aand
Friday After Partywisselende aanbieders
18:00 – 19:00Vrydae
Laatnag saam Flaffiemet Flaffie · Vrydae Dop & Tjop
21:00 – 22:30Ma–Wo & Vr
Saterdae & Sondae
Emigrasie is nie vir sissies niemet Engela
10:00 – 11:00Saterdae
Bereamet Linda
08:00Sondae
New Heart Ministriesmet Mel
18:00Sondae

Versoeklyn: WhatsApp 068 634 7860 terwyl 'n program op die lug is — jou boodskap wys in die ateljee. Buiten hierdie ure speel Kudu FM self deur en niemand lees die lyn nie. Vir advertensies en algemene navrae: info@kudu.fm.

Programme en tye verander soos die span groei — hierdie bladsy wys altyd die jongste rooster.

Die mikrofoon is nie net ons s'n nie.

Het jy 'n storie, 'n liedjie of iets om te sê? Sê hallo. Dis presies hoe elkeen hierbo begin het.

Gaan dit oor jou eie musiek? Laai dit op by My Liedjies — dis die amptelike manier om jou liedjies in te stuur en te bestuur.