Vrae & Antwoorde

Alles wat jy wil weet.

Wat is Kudu FM?

Kudu FM is 'n gratis Afrikaanse aanlyn radiostasie wat 24/7 stroom op kudu.fm. Ons speel Afrikaanse musiek — van nostalgie tot nuwe ontdekkings. Nie dieselfde 40 liedjies oor en oor nie.

Hoe luister ek?

Vyf maniere:

  • Webwerf: Gaan na kudu.fm en druk play
  • iPhone: Laai die gratis app af op die App Store
  • Android: Laai die gratis app af op Google Play
  • Android Auto: Koppel jou foon en luister hands-free in jou kar
  • Enige ander speler: Plak die MP3-stroom in VLC, 'n slim luidspreker of enige radio-app — stream.kudu.fm/radio

Geen registrasie, geen subskripsie. Gratis.

Wie bied die programme aan?

Kudu FM speel 24/7 deur, en bo-op daardie musiek bied lewendige aanbieders hul eie programme aan: Word wakker met Blondie met Blondie (Maandae tot Vrydae 07:00), Koffie saam Jackie met Jackie (Maandae tot Vrydae 11:00), Kudu Klanke met Elmarie (Maandae tot Donderdae 16:00), Die Kudu Drive met Tjommielap (Maandae tot Vrydae 17:00), Laatnag saam Flaffie met Flaffie (Maandae tot Woensdae en Vrydae 21:00), Friday After Party met wisselende aanbieders (Vrydae 18:00), Emigrasie is nie vir sissies nie met Engela (Saterdae 10:00), Berea met Linda (Sondae 08:00) en New Heart Ministries met Mel (Sondae 18:00). Ontmoet die aanbieders en sien die volle programrooster.

Hoe stuur ek ’n musiekversoek of ’n boodskap vir ’n aanbieder?

WhatsApp die versoeklyn: 068 634 7860. Jou boodskap wys in die ateljee terwyl ’n program op die lug is, so stuur dit tydens ’n program — sien die programrooster. Buiten daardie ure speel Kudu FM self deur en niemand lees die lyn nie.

Vir advertensies en algemene navrae is dit info@kudu.fm of WhatsApp 063 905 1299 — ’n ander nommer as die versoeklyn.

Is dit gratis?

Ja. Heeltemal gratis. Geen betaalmuur, geen verborge kostes. As jy wil bydra, kan jy ons deur EFT ondersteun.

Can I listen from overseas?

Yes. Kudu FM streams worldwide with no geo-restrictions. Loyal listeners in Perth, London, Dubai, and everywhere Afrikaners call home. Open kudu.fm in any browser and press play.

Wat maak Kudu FM anders?

Kudu FM is aanlyn-alleen en speel nuwe Afrikaanse musiek wat jy nêrens anders sal hoor nie. Die klank word met AI gemaak; die kunstenaars agter dit is regte mense wat die woorde meestal self skryf, en 'n mens luister na elke insending voordat dit in rotasie gaan. Ons stroom wêreldwyd sonder geo-beperkings.

Is Kudu FM op Spotify?

Ja. Die kudu.fm Radio-speellys op Spotify het dieselfde musiek wat op die radio speel. Plus vyf ander Afrikaanse speellyste: Sokkie & Langarm, Braai Sokkie, Rugby, Troue en Troos. Lees meer of gaan direk na kudu.fm/spotify.html.

Deel jou musiek

Ons gee nuwe en onafhanklike Afrikaanse kunstenaars hul eerste lugtyd. As dit aan die Afrikaanse hart spreek, speel dit op Kudu FM.

Hoe kry ek my musiek op Kudu FM?

Laai dit self op by My Liedjies — dis die amptelike manier om jou musiek in te stuur en te bestuur. Skep 'n rekening, laai jou MP3's op, en kies self watter liedjies in rotasie gaan. Elke insending word persoonlik geluister voor dit op die lug gaan. Nuut hier? Lees eers hoe dit werk.

Watter soort musiek aanvaar julle?

Afrikaanse musiek — hoe dit ook al gemaak is. Met die hand, met AI, in 'n ateljee of in jou kamer. As dit Afrikaans is en dit voel reg, wil ons dit hoor.

Speel julle AI-musiek?

Ja — die musiek wat ons speel se klank word met AI gemaak. Die kunstenaars is regte mense en die woorde word meestal self geskryf. 'n Mens luister na elke insending voordat dit in rotasie gaan. Die maatstaf is of dit die moeite werd is om te hoor. Lees ons eerlike antwoord oor AI-musiek — of die opvolg-essay Artisanale Musiek.

Adverteer op Kudu FM

Wil jy jou besigheid voor Afrikaanse luisteraars plaas? Besoek ons adverteer-bladsy vir radio-advertensies, of plaas gratis in ons Facebook-groep (tot 2 keer per week).

Stel jy belang om te borg? Kontak ons.