kudu.fm
Rubriek

Oomie se blôg

Hier is altyd koffie, kom hom net haal.

Oom Stukkie · · 5 min lees

Oom Stukkie by die vuurkie: Bromgat skud die reën uit sy hare, Ducky vlieg eenkant, en die bakkie Kroesir staan agter die stoele

Daai kiekie wat einklik 'n pôrtrit kiekie moes wees.

Nuwe rubriek op Kudu FM. Oom Stukkie skryf soos hy praat — die spelling is presies soos hy dit bedoel het.

Halou julle almal, hier julle se Oomie Stukkie (vir Biltong natuurlik.)

Nou hierrie issie vir julle se oom so maklik nie — waar julle se Oomie vidaan kom skud ons nog blad en kyk mikaar innie oge. Ma' goed Kudu het givra julle se Oomie moet skryf, nou skryf ek.

Hie gaat hy dan: Laat ek eers intr…. indru…nee wat is dit mettie groot woorde? Voel my soos daai laaste taalklas in stannird vyf by juffrou Froulyn Krûgger daar innie Duits-Wes…Wag ek dwaal af.

Laatie Oomie dan voorstel

Wie is Oomie

Laatie Oomie dan … eh ehm… voorstel — daar's hy nou — Hier jouse Oomie daar uit Duits-Wes se noorde, plaas gemaak, innie bos geleer van hart-dinge en langs die vuurkie mense gileer sien. Oomie skryf soos hy dinge sien en sommir rêguit soos hy praat met so nou en dan eers 'n groot woord uitklank.

Oomie glo respekte vir 'n annir begin sommer by 100 prisent.

Elkeen wat myse pad kruis kry hom klaar. Wat hy daarna mettie respekte maak, is syne se keuse.

Hier is altyd koffie, kom hom net haal. Genoeg van ekke — ek voel nou al ongimaklik.

Oh Bromgat

Die Viervoet-Vriend

Oh Bromgat…hy is eigenlik al Bromgat 3 (ma moenie hom vitêllie.) Hier oppie ou grondjie innie noorde is daar één viervoet-vriend naam en daai is Bromgat — net só. Bromgat sal jou kom kyk en bisluit jy hoort by die vuurkie. Hy pas die tappirwêr bakkie met biltong stukkies die heeltemalste beste op, maar eingelik is hy 'n waakhond…hieroor weet julle se oomie nie so lêkkir nie, maar goed.

Dan kom Ducky altyd saam. Julle se oom weetie watse ding is 'n Ducky nie maar toe Bromgat nog tiener-hond was het daai een thoerist — Hulle het so gesê, maar Oomie dink dit is hoge Brits vir mense wat van annir land af kom om met verrekykirs na bokkies te kyk en heeltimal te hard te praat — wag julle se oom dwaal weer af: wa was ek? Oh Ducky…die geel karnallie is altyd saam Bromgat maar hy doen altyd sy eige virhaalkie terwyl ons annir iets annirs vitêl.

Toe word hy plaasbakkie

Kroesir

Dan het julle amal vir Kroesir gekyk, hy was eers poeliesie kar vir daar tussin die stof-skud pad se vee-poste. Toe ôktjin hulle hom oorlat hy oud word en toe word hy plaasbakkie. Ennou is hy toerbakkie. Oomie weetie hoeffil pad hy al gery hettie want hulle mikênieks het al drie keer nuwe spiedou ingebou en hierrie een werk okkie. Maar Kroesir loop nog oral waar julle se Oomie wil gaan kyk. Net oppie N7 en so aan skud hy biekie as mens vinniger as so 'n goeje galôp bigin te ry, maar is oraait, julle se Oomie issie haastig nie.

Daai annir stoel is joune

Kom Kuier

Julle se Oomie ga vir julle hier sommir vitêl hoe hy dink en waar syne se gedagtes kuier: Eendag maak ons saam kos, annir keer slyp ons mes en julle se Oomie luistir met mooi oor vir daai seerkry woorkie wat mens soms sê as jy maak of jy annir dinge wil vitêl.

Hier by jouse Oomie se ou vuurkie is altyd ginoeg tyd.

Koffie is altyd innie ienêmil omgee bekir en daar op daai annir stoel hier langs oomie sinne is jouse plek altyd warm.

Kom kuier, lag biekie as oomie biekie laf voel en kom huil assit 'n keer nodig is.

Nou sien daar het ek dit vigeet. Daai kiekie waar Bromgat bisluit die reen van sy hare te skud dat Ducky eenkant vlieg en Oomie se Koffie bisluit stofpad te gaan kuier met Kroesir agter onse stoele, daai was einklik 'n pôrtrit kiekie om julle te wys, maar soos die lewe mos maar loop issie allis pirfek nie en ôk daai is heelimal goed só…

Oom Stukkie in die veld met sononder agter hom

Oor die skrywer

Oom Stukkie

Oomie skryf 'n gereelde stukkie vir Kudu FM — sommir rêguit soos hy praat, uit die noorde van Duits-Wes. Saam met hom kuier Bromgat, Ducky en die ou bakkie Kroesir.