Oom Stukkie skryf soos hy praat — die spelling is presies soos hy dit bedoel het.
Vanoggend sit julle se Oomie nou hier met ’n beker koffie innie jig-hand en kyk na die ou vuurkie.
Nie eiginklik iets om hele blôg oor te skryf nie, né: Mens maak koffie, mens drink hom en as jy soos julle se Oomie is, vigeet jy hom êrens tot hy koud is en dan maak jy maar weer warm.
Ma’ vanoggend sit Oomie en kyk so na die beker en dink aan ’n tjomma - Een wat vêr is…lank nie gisien nie.
’n Tjomma wat vêr is
By die Vuurkie
Nou julle ken mos daai ding: Jy dink aan iemand en dan vat jou kop sommer sy eie pad - Jy onthou ’n vuurkie waar julle gesit het. Iets simpel waaroor julle gelag het. ’n Storie wat al twintig keer vertel is en nog steeds snaaks is.
En vir ’n klein rukkie sit daai vriend sommer weer daar by jou oppie vou-stoelkie.
Oomie lig sy beker so effens op vir jou:
“Ek drink hierdie ene saam met jou, tjomma.”
Net sommer - omdat jy jy is
Omgee
Ja, jouse Oomie weet: Klink simpel. Hy kannie my nie sien nie - ek kan hom nie sien nie en hierrie koffie gaan beslis niks innie wêreld regmaak nie.
Ma’ miskien hoef alles ôkkie altyd reggemaak te word nie.
Miskien moet ’n mens net partykeer weet iemand het aan jou gedink.
Nie omdat jy siek is nie.
Nie omdat daar fout is nie.
Nie omdat jy iets nodig het nie.
Net sommer - omdat jy jy is.
Sien die mooi
Die Omgee Beker
Oomie vat nog ’n slukkie en gedink miskien moet ’n mens dit meer doen?
“Vat ’n oomblik.
Maak koffie.
En drink hom saam met iemand wat vêr is.”
Nou kyk jouse Oomie weer na die ou beker in syne se hand:
“Omgee Beker,” sê myse kop terug.
Hmm.
Oomie dink hy hou daarvan - Sien die mooi.
Miskien issit noorig om vir iemand ’n beker innie hand te gee en hom te vitêl hy issie alleen nie?